Delmas VLU-lede gesels oor herwinning
Die streeksvoorsitter, Marcelle van Vuuren en Lida Posthumus, streekskakelbeampte, het besoek aan die tak gebring.
Met die aankoms van lente wil ’n ieder en ’n elk net skoonmaak en by Delmas se Vroue Landbou-Unie is dit geensins anders nie.
Die span vlytige vroue het op 19 September by die plaaslike Spur bymekaar gekom en die tema van die dag was gepas dié van herwinning.
Die voorsitter van Delmas VLU, Marie Terblanche Marié, het almal verwelkom. Die streeksvoorsitter, Marcelle van Vuuren en streekskakelbeampte Lida Posthumus, het besoek aan die tak gebring. Elsie Bredenkamp was weer op haar pos om die mini-skou artikels te beoordeel.
Jané Oosterhuis was die oggend se sameroepster en gesondheid was bepreek. Onder hierdie tema het Suretha Prinsloo van Neutel en Horowitz oogkundiges die vroue oor gloukoom ingelig.

Met herwinning as die tema van die dag se vergadering het Terblanche verduidelik hoe rommel en gebruikte artikels wat weggegooi word tot iets nuttigs herwin kan word.
“So kry ‘n weggooiding ’n nuwe identiteit. So is dit ook van toepassing in ons lewe. Die rommel in ons lewe noem mens sonde, maar met God se ingrype word ons tot nuwe mense in Hom herwin,” het Terblanche gesê.
Nog nuus uit Delmas geledere was dat een van hul lede, Jané Oosterhuis deur ’n spinnekop gebyt was en het in die hospitaal beland het. Terblanche het as blykie van gedagte ’n orgideë aan haar oorhandig.
Oosterhuis het die verjaarsdagwense waargeneem. Eileen Putter is vir haar lojale ondersteuning, haar eerlikheid, nederigheid en inspirasie bedank.
LEES OOK: Trichardt farmer finds body of murdered woman
Van Vuuren het die tak oor die streeksafsluiting wat by die Lush Coffee en Art Koffiewinkel gaan plaasvind, ingelig.
Sy het verder die lede van die Delmas-tak vir hul vrolikheid en entoesiasme asook vir die gasvryheid waarmee Pothumus ontvang is, gekomplimenteer.
“Daarna het ons opgewonde na buite beweeg waar ons op die stoep van Spur die heerlike werksklas geniet het wat Jana Strydom aangebied het,” het skakelbeampte Magriet Swart laat hoor.
Strydom van die Flink Dink-sentrum op Delmas het ’n demonstrasie rondom die gebruik van ‘n leë vyf liter houer as ’n asblik gedemonstreer. Besoekers Elna Kruger en Vinkie Mulder het as besoekers aan dié werksklas meegedoen.




