AfriForum op Standerton help SAVF met dak
Die sentrum help die gemeenskap met onder meer maatskaplike dienste.
AfriForum se Standerton-tak het op 26 September die SAVF Gemeenskapsentrum op die dorp se lekkende dak geseël.
Volgens ’n onlangse persverklaring was die lekkasies onder meer in die stoorkamer waar kos gehou word en het dus ’n risiko ingehou dat die kos nat kon word.
Die sentrum help die gemeenskap met onder meer maatskaplike dienste. Die tak sal oor die volgende paar maande ander projekte by die sentrum van stapel stuur.
“As ons nie na hierdie organisasies omsien nie, sal dit later tot niet gaan,” het Leon Enslin, takvoorsitter, gesê.
“Daar is nie genoeg finansiële steun om die werk waarmee hulle besig is, volskaals voort te sit en nog die onderhoud te doen aan die geboue nie. Daarom help ons waar ons kan.”





