Local news

Dr Pelser neem weer wenfotos by Hoëveld Fotografieklub

Belangstellendes is welkom om volgende byeenkoms op 3 November by te woon.

Fotograwe van die Hoëveld Fotografieklub het op 6 Oktober weer eens hul beste foto’s vir hul maandelikse kompetisie ingeskryf, waar dr Leon Pelser die beste foto’s geneem het.

Die beoordelaar vir die aand was Johan Drotsky. Pelser het die voorgeskrewe onderwerp afdeling, New South Africa, met New SA Farm gewen.

Hy het ook ’n sertifikaat van meriete vir dié foto ontvang en ook een vir Spring, wat as die beste foto in die senior fotograwe afdeling aangewys was. Hy het ook sertifikate van meriete vir Farmer and Dog in die landskapafdeling en Let me Think, in die tweekleurige afdeling ontvang.

Louis van der Walt was die beste fotograaf onder die juniors en het ook ’n sertifikaat van meriete vir Garden Castle Sitting Monk ontvang, asook vir Zazu Food 2 in die natuurvoëlsafdeling, Motion Blue in die pikturale afdeling, Secunda Rally 2023 – Toyota Gazoo – Stage 1 – BMW in die tweekleurige afdeling en Abandoned St Elmos Monastery in die voorgeskrewe onderwerpafdeling.

Ander fotograwe wat sertifikate van meriete vir hul foto’s ontvang het is:

• Edmund Hattingh vir Small, en Catch of the Day beide in die natuurvoëlsafdeling en Star Boabab en Elephant Eye, beide in die natuurafdeling.

• Barbara Mitton vir Desert Caravan in die landskapafdeling, Intense Conversation en Moroccan Portrait beide in die pikturale afdeling en Puss in Shoes, in die fotojoernalistieke afdeling.

• Danie Smit vir Makkedaat Grot in die landskapafdeling en Valencia Science Museum in die tweekleurige afdeling.

• Peter Winnan vir Brothers in die tweekleurige afdeling.

• James Harris vir Chokie Gesiggie in die pikturale afdeling.

• Lorraine Botha vir Unlikely Friendship 2 in die pikturale afdeling.

• Sussa Pelser vir I Hear Somebody Coming in die pikturale afdeling en Harvesting of Crops in die fotojoernalistieke afdeling.

Die Hoëveld Fotografieklub se volgende byeenkoms is op 3 November om 18:00 vir 18:30 in die Scrum In by die Sasol Ontspanningsklub.

Belangstellendes is welkom om dié byeenkoms by te woon. Vir meer inligting, skakel Hanno de Beer by 071 365 6440.

PLEASE do not use all photos the same size, use one big and only if spaces permits, the others smaller, no need to publish all photos, if you only get 1 or 2 in, it’s sometimes better.




Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button