Local newsLocal sportStreeknuus

Bronkies Rolbalklub se somerliga is op sy kop

Die Rolbalklub in Bronkhorstspruit het met 10 spanne die finale rondte van 12 koppe gespeel.

Die Rolbalklub in Bronkhorstspruit het op 18 Oktober met 10 spanne die eindronde van 12 koppe gespeel om die wenners van die somerliga te bepaal.

Manie Engelbrecht, Rina Prinsloo, Adri van Wyk en Elizabeth Kendall het as die wenners weggestap.

Vir vyf weke lank het dié interessante stryd geduur en lede van die besigheidsliga asook klublede het teen mekaar meegeding.

Daar was weekliks boekgehou van almal se vordering en uitslae. Van die spanne het hulle eie spandrag ontwerp en vrolik en kleurvol die netjiese baan betree.

Rolbalreëls is nagekom en daar was ’n goeie spangees teenwoordig. Na die spel is pryse uitgedeel en gesellig saam gekuier met ’n vleisie op die kole.

Vodacom het ’n hele paar handige geskenke geborg.

“Ons is ook baie dank verskuldig aan Johan Swart wat voortdurend hard werk om ons bane in stand en netjies te hou,” het Elizabeth Kendall gesê.

“Dis ’n massiewe taak. Ons waardeer jou positiewe bydrae Johan. Daarsonder sou ons nie so lekker kon speel nie.”



Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button