Local newsSchools

Goedehoop-leerders blink uit in drama

Skool ryg eerste, tweede en derde plekke in.

Leerders van Laerskool Goedehoop het vanaf 16 tot 20 Oktober in die eindrondte van die Artistatue dramakompetisie in Pretoria deelgeneem en presteer.

Darius Brummer het ’n trofee ontvang vir die algehele beste drama junior leerder vir grade een tot drie en hy het ook eerste plekke behaal vir gedramatiseerde poësie, gedramatiseerde prosa, improvisasie en mimiek onvoorbereid.

Elanie Breed het ’n trofee ontvang vir die beste samespraak en eerste plekke behaal vir dramatised poetry en monologue en ’n tweede plek vir gedramatiseerde poësie.

Adianca Brummer het ’n trofee ontvang vir beste samespraak en eerste plekke behaal vir ongedramatiseerde poësie, undramatised poetry, gedramatiseerde poësie, Bybel prosa en dramatised prose.


LEES OOK: Secunda rugby fans show support for the Bokke


Die ander leerders wat eerste plekke behaal het, is Kaitlyn Schackleford (dramatised poetry), ’n tweede plek in gedramatiseerde poësie en ’n derde plek in undramatised poetry; Milan Zwarts (gedramatiseerde poësie, dramatised poetry, gedramatiseerde prosa en monoloog); Abigail Zwarts (mimiek), tweede plekke in ongedramatiseerde poësie en dramatised poetry en ’n derde plek in monologue; Mia Loock (dramatised poery) en sy het ook ’n tweede plek undramatised poetry behaal.

Die ander leerders wat presteer het, is Mienke van Niekerk (tweede in undramatised poetry); Zané van Rensburg (tweede in samespraak); Mikaela ter Poorten (tweede in samespraak); Leané Luddick (tweede in gedramatiseerde prosa); Mia-né Smit (derde plekke vir ongedramatiseerde asook gedramatiseerde poësie); Linay Hartzer (derde in dramatised poetry); Melandie Faber (tweede in dramatised poetry en derde in gedramatiseerde poësie); Marisa Mouton (derde in gedramatiseerde poësie) en Mieke Fourie (derde plekke vir gedramatiseerde poësie en monoloog).



Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button