CrimeLocal newsStreeknuus

Twee wat met renosterhoring duimgooi, op Delmas gevonnis

Twee mans is met trokstraf gevonnis nadat hulle twee jaar gelede in besit van ’n renosterhoring op die N12 by die R50 Bapsfonteinafrit in hegtenis geneem is. Elliot Clifford Mashego (57) en Rogerio Domingos Moiane (53) is op 24 Oktober in die Delmas Landdroshof beide tot agt jaar tronkstraf gevonnis, waarvan die vonnis vir elkeen

Twee mans is met trokstraf gevonnis nadat hulle twee jaar gelede in besit van ’n renosterhoring op die N12 by die R50 Bapsfonteinafrit in hegtenis geneem is.

Elliot Clifford Mashego (57) en Rogerio Domingos Moiane (53) is op 24 Oktober in die Delmas Landdroshof beide tot agt jaar tronkstraf gevonnis, waarvan die vonnis vir elkeen vir vyf jaar opgeskort is met die voorwaarde dat hulle hulself nie weer tydens die opgeskorte tydperk aan ’n soortgelyke misdaad skuldig maak nie.

Beide is ook onbevoeg verklaar om ’n vuurwapen te besit. Hulle moet ook ’n bedrag van R100 000 aan Rhino Connect betaal.

Rhino Connect is ’n nie-winsgewende organisasie wat hulle sedert 2016 daarop toespits om die renosterbevolking te bewaar en spesifiek na wees- en beseerde renosters om te sien.


Die renosterhoring was in die besit van twee duimgooiers op die N12 naby Delmas gevind.

Beide Mashego en Moiane was vir twee jaar verhoorafwagtend nadat hulle op 14 Oktober 2021 aan die N12 hoofweg in hegtenis geneem is. (Streeknuus, 22 Oktober 2021).

Lede van Delmas SAPS het omstreeks 13:15 op dié dag roetine patrollies op die N12 uitgevoer toe hulle twee mans wat duimgegooi het, gewaar het.

Die mans het ’n groot plastiese houer gedra, wat vir die SAPS-lede verdag voorgekom het. Die Delmas polisielede het by die twee duimgooiers gestop en begin om hulle te deursoek.

Groot was hul verbasing toe hulle binne plastiese houer, versteek onder klere, in ’n swartsak en toegedraai in maskeerband, ’n renosterhoring vind.

Die twee mans was in hegtenis geneem vir verdere ondervraging. Borgtog was geweier en die twee duimgooiers het in hegtenis gebly tot en met hul vonnis uitspraak.



Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button