Malita-inwoners op Delmas stap vir water
Een van die inwoners, Johan du Plessis, het besluit dat stap nie vir hom is nie en het die afstand gedraf.
Lede van die Malita Aftreeoord se klub het besluit om iets te doen ter voorbereiding van watertekorte wat deesdae al te gereeld aan die inwoners van Delmas se deure klop.
Sowat 15 inwoners het ooreengekom om te stap om sodoende borge te verkry en geld in te samel.
Die senior burgers het op 21 Oktober die staptog met ’n afstand van sowat 7.5km aangedurf.
Een van die inwoners, Johan du Plessis, het besluit dat stap nie vir hom is nie en het die afstand gedraf.
Volgens die opsigter van Malita, Rassie Erasmus, is besluit om ’n watertenk vir krisistye en noodgevalle aan te koop.
“Die tenk is ongelukkig net die begin, dit sal ook aan die munisipale lyn gekoppel moet word en ’n drukpomp sal ook benodig word,” het Erasmus gesê.
Die Malita klublede sal enige skenkings vir die aankoop van ’n watertenk waardeer.
Die skenkings kan in dié rekening betaal word:
- FNB
- Rekening naam: Malita Association
- Rekening nommer: 6306 542 0936
- Verwysing: watertenk.





