Kokkedoorwenner beoordeel braaibroodjiekompetisie op Delmas
Op die borde was die tradisionele braaibroodjie met kaas, uie, tamatie en ’n proesel blatjang, maar ook broodjies met olywe en vye.
Karen Els, die Kokkedoor Vuur en Vlamwenner vir 2023 asook ‘n oud-Delmasser, het op 4 November as beoordelaar tydens die braaibroodjiekompetisie by die Delmas Makietie opgetree.
Saam met Els was ook Jean Henry en Jorina Buitendag deel van die span van drie beoordelaars.
Deelnemende spanne het met groot ywer aan dié kompetisie deelgeneem en verskillende smaakkombinasies aan die paneel van beoordelaars voorgesit.
Op die borde was die tradisionele braaibroodjie met kaas, uie, tamatie en ’n proesel blatjang, maar ook broodjies met olywe en vye.
Na die proesessie het die beoordelaars koppe bymekaar gesit en die wenner aangekondig.
Met slegs een punt verskil tussen die eerste drie plekke was Delmas se Eugenie de Bruin van span nommer een as die Delmas Makietie braaibroodjie koningin aangewys.
Els het al die probeerslae gekomplimenteer en groot eer aan al die braaibroodjie makers gegee.








