Local newsSchoolsStreeknuus

Pom-poms sorg vir groot vermaak by Delmas Makietiefees

Skole wat aan die kleurvolle en vrolike skouspel deelgeneem het, was Heidi Kleuterskool, Rakkers, Suikerbekkies, Dalimfundo, Laerskool Eloff, Laerskool Delmas asook Hoërskool Delmas.

Delmas-omgewing se skole, dagsorgsentrums en kleuterskole se rasieleiers (pom-poms) het op 4 November tydens die Delmas Makietie vir opwinding onder ouers en besoekers gesorg.

Skole wat aan dié kleurvolle en vrolike skouspel deelgeneem het, was Heidi Kleuterskool, Rakkers Kleuterskool, Suikerbekkie Kleuterskool, Botleng se Dalimfundo Day Care Centre, Laerskool Eloff, Laerskool Delmas en Hoërskool Delmas.

Met kykNET kameraspan op die kleingoed gefokus, het daar plek-plek ’n traantjie gevloei, maar met die aanmoediging en vertroosting van ouers en onderwysers het die sterretjies sommer gou ontpop.

Na afloop van die opvoering het ogies trots geblink, want elke deelnemer was met ’n medalje vereer, uitgedeel deur kykNET se sepiesterre.




Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button