Local newsLocal sportStreeknuus
Ringbal bring sportgees na die Makietie op Delmas
Rugbyklub klop die Ringbalklub.
As deel van Delmas se Makietiefees het die plaaslike Dragons Ringbalklub en Phoenix Rugbyklub mekaar die stryd aangesê.
Die wedstryd het op 4 November om 10:30 in goeie gees op die netbalbane by Hoërskool Delmas plaasgevind.
Die wedstryd het vir groot opwinding gesorg en teen die einde het die manne van Phoenix die sege gevier met agt doele teenoor die ses van die Dragons.
Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!











