Local newsStreeknuus

Kinders het pret met perde by plaasakademie

Rustic Roads Plaasakademie het ’n perdrydag gehou vir jong kinders.

Rustic Roads Plaasakademie het op 24 November ’n perdrydag gehou vir jong kinders met Pretoria FM. Rustic Roads is ’n plaasskool vir die toekoms vir Afrikaanse kinders.

Die skool het ’n pretdag gehad waar die kinders geleer is hoe om perd te ry. ’n Opname oor die skool en veral die perdryterapie, is gemaak vir Afriforum TV wat in Januarie uitgesaai sal word.

Volgens die skoolhoof, Jannes von Backström, perdry versnel kinders se spier- en balansontwikkeling, terwyl die versorging van die perd hulle ook verantwoordelikheid en dissipline leer.

Hy het gesê perdry is ’n uitstekende terapie vir gestremde, hiperaktiewe en gesonde kinders. Hiperaktiewe kinders sukkel met roetine, maar perdry dwing hulle om ’n vaste roetine te volg.

“As die kinders op die perd se rug is, kan hulle niks anders doen nie en as hulle klaar gery het, volg die versorging van die perd.

Die onderwysers van die skool streef daarna om vir kinders, met of sonder uitdagings, ‘n beter kans op onderrig te bied.

Hulle volg twee programme naamlik Think Digital of Impaq. Von Backström het gesê, “Ons is tans ook besig met ’n Kersfeesprojek waar ons gebruikte klere en veral speelgoed insamel om te skenk aan ‘n organisasie wat alles mooi deur gaan en regmaak en dan aan minder bevoorregte mense uitdeel om die Kerstydperk ‘n bietjie beter te maak.”

Mense wat goed wil skenk, kan dit by die skool gaan aflaai. Vir meer inligting, skakel Von Backström by 071 492 1443.




Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

Related Articles

 
Back to top button