Local news

Twee inwoners van ouetehuis op Standerton oorlede

“Ons bid dat die familie en vriende vertroosting by die Almagtige Vader sal kry,” het die ouetehuis bestuur gesê.

Tannie Ellie Spies is op 24 November op die ouderdom van 101 jaar en vyf maande oorlede. Sy was vanaf 10 Maart 1992 ’n inwoner in Kosmos Aftree-oord, en wel in woonstel 10A.

Sy is op 15 Junie 1922 gebore wat haar die ouetehuis se oudste inwoner gemaak het. Sy is op 1 Maart 2016 in die sorgsentrum opgeneem en het die Covid-aanslag oorleef.

“Ons bid dat die familie en vriende vertroosting by die Almagtige Vader sal kry,” het die ouetehuis bestuur gesê.
Tanne Ellie se gedenkdiens sal op 9 Desember plaasvind.

Tannie Wina Uys is skielik op 27 November in die ouderdom van 88 jaar oorlede. Sy het sedert 1 Maart 2020 in woonstel 8 gewoon.

Volgens die ouetehuis bestuur was sy nog baie aktief en het gereeld gaan stap en koor geoefen.

“Mag die Hemelese Vader die familie en vriende met berusting en vrede seën,” het die ouetehuis bestuur gesê.

Haar roudiens het op 4 Desember in die NG Kerk se Moedergemeente plaasgevind.



Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button