Local newsStreeknuus

AfriForum op Bronkhorstspruit gaan lekkergoed vir Kersfees uitdeel

Die tak gaan ook hul eerste Kersmark op 9 Desember in samewerking met Mieliepap Bronkhorstspruit, op die NG kerk Nooitgedacht se gronde aanbied.

AfriForum hou vanjaar hul eerste Kersfeesparade vanaf 11 tot 13 Desember, waar hulle in die aande gaan rondry met ’n trekker en sleepwa gevul met lekkers vir elke kind van Bronkhorstspruit.

Teria Kleingeld het gesê, “Ons wil graag aan elke persoon wat gehelp het met of skenkings van die lekkers of selfs die pak van die lekkers bedank.”

“Hou ons Afriforum Facebookblad dop vir die roetes.”

Kersfees is ’n tyd van gee. Maak nie saak hoe klein die daad nie, ’n kind se hartjie word aangeraak en die gees van ’n Christusfees word versprei.


ALSO CHECK: Convicted murderer escapes Bethal Correctional Services


Die tak gaan ook hul eerste Kersmark op 9 Desember in samewerking met Mieliepap Bronkhorstspruit, op die NG kerk Nooitgedacht se gronde aanbied.

Met lekker Kerskoekies, vrugtekoeke, houtwerk en heerlike kos gaan dié geleentheid een wees om nie te mis nie. Daar gaan ook perdritte wees. Die fees begin om 08:00 en sal tot 13:00 duur.

Ingang is gratis, maar as mense voel om ’n bydrae te maak vir AfriForum se Kersfeesparade kan ’n pakkie lekkergoed soos suiglekkers, suigstokkies en skyfies, by die AfriForumstalletjie afgegee word.

Enigeen wat wil help, kan Teria Kleingeld kontak op 082 519 9577 of vir Magda Lewis (voorsitter van AfriForum Bronkhorstspruit) op 073 375 2310.



Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button