Local newsStreeknuus

Huldeblyk aan Cullinan se Hester Sophia du Preez

Huldeblyk aan Hester Sophia du Preez

Cullinan inwoner, Hester Sophia du Preez (gebore De Beer ) is op 20 November in die ouderdom van 63 oorlede.
Gebore op die plaas Waterval, duskant Rusteburg, Noord-Wes, het Sophia as klein dogtertjie op dié plaas naby Lindleyspoort groot geword, waar haar familie die Waterval Perdesports aangebied het.

Sy word oorleef deur haar man, Johan du Preez, en haar drie kinders, Johan (40), Neil (38) en Ezanne (35), kleinkinders Joshua, Jason, Miane, Christopher en Ewald wat die geheel van haar wêreld uitgemaak het.

Behalwe haar man, kinders en kleinkinders, word Sophia oorleef deur haar broer Willie de Beer, haar tweelingsuster Susan Nel en suster Erika Brink, en verskeie niggies, neefs en baie vriende.

Die gedenkdiens is op 2 Desember om 11:00 op hul familieplaas, Aquizi, buite Cullinan gehou, waar Sophia ook die afgelope sewe jaar woonagtig was.

Bykomend tot dit wat reeds oor haar geskryf is, deel ons graag meer oor haar persoonlikheid vanuit ’n gesinsperspektief.

Sy was ’n familiemens en haar liefde vir almal, gasvryheid en aansteeklike, spontane lag het haar geliefd gemaak en daardeur was haar huis altyd vol mense.

Volgens haar naasbestaandes het haar dinamiese persoonlikheid en innemende geaardheid van haar ’n vrou uit duisend gemaak.

Sy was die gelukkigste as sy geweet het almal om haar het genoeg geëet en dat almal gemaklik en veilig is – plant, mens en dier.

Sy het haar lewensbaan met eer en waardigheid geloop en voltooi. Haar bediening het gestrek tot die dag van haar afsterwe terwyl haar lewe ’n boodskap van God, tot aan die einde was.



Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button