Local newsLocal sport

Edelvalk-tak op Standerton oorhandig trofees aan skuts wat presteer

Carla Lues is as beste vroueskut aangewys en Jako Steenkamp as beste mansskut.

Die Edelvalk-tak van die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging het onlangs hul prysuitdeling by hul afskeidsfunksie gehou.

Skuts is in verskillende afdelings vereer.

• Corrie Visagie het Mpumalanga-kleure vir Limited Bolt Action verwerf en ’n groen baadjie ontvang vir die nasionale Limited Bolt Action.

• Anel Wessels het by windbuksskiet se penkopliga ’n trofee in ontvangs geneem, Pierre van der Merwe in die juniorliga en Stoffel Bester in die seniorliga.

• Xander Bailey is by trofeejag as beste junior aangewys en JF Griesel as beste senior en het beste boogjagtrofee ontvang.

• Bailey is ook as veelsydigste skut aangewys.

• Carla Lues is as beste vroueskut aangewys en Jako Steenkamp as beste mansskut.

• Edelvalk se Swartwildebeeste het op nasionale vlak negende geëindig en die Ribbokke 26ste.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button