Local news

Kleuter en sy pa deur los kabel op Standerton geskok

Volgens ma Nikita, het Brian (4) begin skree en pa Louis het agtertoe gekyk en gesien sy hande sit vas aan die draad.

‘n Wonderwerk het hom in Britsstraat, Meyerville op 4 Januarie om 10:36 afgespeel.

Die vierjarige Brian Paulus van Vuuren het fiets gery, terwyl sy pa Louis, ‘n grassnyer getoets het.

Brian het ‘n los kabel gesien en wou dit eenkant toe skuif.

Volgens ma Nikita, het hy begin skree. Louis het agtertoe gekyk en gesien Brian se hande sit vas aan die draad.

Dit het hom geskok en Louis wat gehardloop het hom van die kabel af te probeer ruk, is ook geskok.

Hy kon hom van die draad af kry en albei het op die teer neergeval.

“Dit is God se genade dat my man en my seun nog lewe,” het Nikita gesê.

Albei was kaalvoet tydens die voorval. Lekwa Munisipaliteit het laatmiddag opgedaag en Louis het gesien dat die kabel getoets word.

“Daar was krag op die draad,” het Nikita ook gesê.

“Dit is net ‘n bewys dat God na ons kyk.”


Brian van Vuuren is deur ’n los kabel geskok.
Die los kabel in Britsstraat, Meyerville.

Related Articles

 
Back to top button