Local news

Wilde katte nou volop by koerantkantoor op Standerton

Enigeen wat betrokke wil raak, kan katkos by Burgerstraat 13B aflewer, waarna dit na die regte kanale versprei sal word.

Standerton Advertiser se personeel word die afgelope tyd met katte begroet elke oggend wanneer die deur oopgesluit word.

Dié wilde katte is deeglik bewus van die katkos wat buite uitgesit word. Die wyfies moet egter reggemaak word.

Nuwe aankomelinge word ook gesien en een is al so mak, wag geduldig op die sypaadjie, of kruip behoedsaam nader deur die veiligheidshek.

Die koerant het op 8 Januarie met Riana Labuschagne in verbinding getree, wie se hand wyd oop is vir die versorging van wilde katte.

Labuschagne het by meer as een geleentheid oor die afgelope jare katkos afgelewer, asook die onderneming langsaan.

Volgens haar, versorg sy 60 katte maandeliks.

Enigeen wat betrokke wil raak, kan katkos by Burgerstraat 13B aflewer, waarna dit na die regte kanale versprei sal word.

Die koste verbonde aan sterilisasie beloop R750 vir ’n wyfie en R450 vir ’n mannetjie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button