Local news

Zeldine en Lydia van Standerton pak aktiwiteite lag-lag aan

Die gom van die vriendskap is gesetel in eerlikheid en om mekaar by te staan.

Twee Meyervillers, Zeldine Strydom en Lydia Roets, is geanker in vrywillige deelname aan gemeenskapsaktiwiteite.

Hulle het mekaar twee jaar gelede by die parkun by die rivierpark ontmoet en doen diens as vrywilligers.

Zeldine en Lydia laat hulle die woord ‘koei’ welgeval, wat geen pejoratiewe implikasie het nie.

Zeldine het bloot met die melk een goeie Saterdagoggend by die parkrun opgedaag en Lydia het van haar laat hoor:

“Die koei is hier.”

Hulle opgeruimde, bruisende energie word ook op ander vlakke weerspieël.

Die Kaalspruit-vergaderings van die VLU word getrou bygewoon.

Zeldine in haar bakkie sal moontlik vir Lydia oplaai om gasvrou te speel by ’n maandvergadering.

“Marietjie Swart en Zeldine het Lydia betrek,” was hulle opsomming.

Kom geldinsamelingsprojekte vir die VLU en die twee spring weg, die aantal pannekoeke wat gebak en verkoop is, se syfer is na beraming meer as 200.

Natuurlik het dit onder die voorsitterskap van hulle mentor Marietjie gebeur.

Albei vroue beskou dit as ’n hoogtepunt om vrywillgers op die dorp te wees.

Ds Pieter Kotze van die NG Suid-gemeente word nie agterweë gelaat nie.

Lydia, wat eens by ’n kleuterskool betrokke was, hou dan die jongklomp tydens die kerkdiens besig.

Zeldine en Lydia geniet basaars gate uit.

Albei vroue glo dit is goed om ander mense gelukkig te maak, sonder om iets terug te verwag.

Die gom van die vriendskap is gesetel in eerlikheid en om mekaar by te staan.

Lydia, op haar driewielfietsie, het Zeldine bygestaan met dood van haar oupa, Johan Strydom, op 94-jarige ouderdom verlede Desember.

Sy verkies om nie dorp toe te ry nie, maar gaan laai haar dogter, Conrie, nou 8, weekliks by Laerskool Kalie de Haas af en tel haar weer op.

Behalwe as dit reën, dan maak sy ’n ander plan.

Sowel Zeldine as Lydia is diereliefhebbers, Lydia met haar Labrador, Milo en ’n Jack Russeltjie.

Zeldine het haar kat ‘Pote’ gedoop.

“As jy hom ophou vryf, dan klap hy met sy poot.”

Ceasar is die ander kat en sy sorg, saam met haar gesin, ook vir Chloe en Lela, die twee honde.

Die fotosessie het ’n uitbundigheid afgegee.

Opsluit wou hulle met hulle koei-‘outfits’ afgeneem word.

Albei maak, dalk nie so gereeld soos hulle graag wil nie, lyn by Grootdraaidam nat.

Zeldine en Lydia gee nie ’n snars om dat hulle as die ‘mal koeie’ bekendstaan nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button