Local news

AfriForum bewaar Standerton se erfenis

AfriForum het dié projek meer as sewe jaar gelede aangeneem en sedertdien word daar gereeld aandag aan die monument geskenk.

Die AfriForum Standerton-tak het op 20 Februarie die Voetspore Monument skoongemaak.

Die gras is gesny, rommel opgetel en ’n bakkievrag vol gras is uiteindelik weggery.

AfriForum het dié projek meer as sewe jaar gelede aangeneem en sedertdien word daar gereeld aandag aan die monument geskenk.

Die monument ontvang gereeld besoekers.

“Hierdie projek is deel van Standerton se erfenis en ons is dankbaar om die monument te kan onderhou sodat dit vir ons kinders behoue sal bly,” het Leon Enslin, voorsitter van AfriForum Standerton, gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button