Local news

Ria Brink trek na dekades op Standerton na buurdorp

Ria het by die voormalige Potchefstroomse Onderwyskollege studeer en het daarna ’n HOD in pre-primêre onderwys, met musiek as spesialiseringsveld, deur Unisa voltooi. Sy het haar onderwysdiploma met lof geslaag en was op die ererol van die kollege.

Ria Brink het na meer as 33 jaar op Standerton, op 19 Maart na Secunda verhuis.

Die Brinks het in 1990 van Evander na Standerton getrek, waar wyle oom Koos ’n voltydse aptekerspos by Standerton Hospitaal aanvaar het.

“My man het destyds sy privaatpraktyk op Evander verkoop. Al my kinders is daar gebore,” aldus Ria.

Drie dogters, Carina, Louisa en Ria, haar naamgenoot, asook ‘n seun Ryk, is uit die huwelik gebore.

Ria gaan by haar dogter Ria bly en het reeds voelers uitgesteek na ’n leeskring, die VLU, die tuinbouklub en die NG Kerk om in te skakel.


Ria Brink het diep spore in die gemeenskap getrap.

Haar se ander dogter, Carina woon op Sabie.

Die familie moes die pyn van afsterwe van geliefdes leer verwerk en die Brinks was by Koos se afsterwe, 59 jaar getroud.

Carina se eerste man William Zwart, voormalige koerantredakteur, het haar ontval en die gesin het ook ’n 25-jarige seun, Ruben aan die dood afgestaan.

Louisa is met ’n Namibiese boer getroud en hulle woon in die Kalahari, terwyl Ria, wie se man, De Bruyn Krog ook oorlede is, ’n fisioterapeut was by die Mediclinic Highveld op Trichardt.

Ria het nege kleinkinders en drie agterkleinkinders.

“Ek is skatryk,” het sy gesê.

Dié afgetrede hoof van Haas Das Kleuterskool was deurgaans bedrywig by Kalie Klitsies se Graad RRRe, RRe en Re en het ook tyd ingeruim by die Wise Owl Kleuterskool om haar kennis oor te dra.

Ria het by die voormalige Potchefstroomse Onderwyskollege studeer en het daarna ’n HOD in pre-primêre onderwys, met musiek as spesialiseringsveld, deur Unisa voltooi.

Sy het haar onderwysdiploma met lof geslaag en was op die ererol van die kollege. Sy en Koos het in Potchefstroom ontmoet en hulle is op Randfontein getroud.

Ria het die voorsitterstoel vir ’n tydperk by die VLU se Vaalriviertak ingeneem en het reeds ’n lidmaatskapknopie vir 50 jaar en ’n 56-jarige sertifikaat ontvang.

Haar stokperdjie het haar werk geword.


Ria Brink het diep spore in die gemeenskap getrap.

“Musiek is my lewe,” het sy gesê.

’n Slagorkes en Ria is sinoniem. Op die vraag oor watter persoonlikheidseienskappe ’n kleuterskoolonderwyser moet beskik, het sy sonder om te weifel geduld en liefde uitgesonder.

“Jou kop moet werk soos ’n kleuter sin. Kinders is spontaan en eerlik.”

Sy gaan by Marietjieskool op Secunda werk en sien uit daarna. Met die pakkery saam, het die kinders kom hand bysit.

“Ek is opgewonde en bly oor die nuwe seisoen wat vir my voorlê,” het sy mee afgesluit.

“Ek gaan die skole, die kinders en my vriende die meeste mis.”

Related Articles

 
Back to top button