Local newsLocal sport

Karatekas van Standerton palm medaljes in by kampioenskap

Die jongste deelnemer, Jaco Loretz het daarin geslaag om sy kata-afdeling te wen en ’n goue medalje in te palm,

Altesaam vyf uitsoekstudente van die Skisa Three Swords Karateklub op Standerton het op 17 Maart aan die Gauteng Provinsiale Skisa Kampioenskappe deelgeneem.

Amelia Sehar het in ’n hoër ouderdomsafdeling meegeding en twee brons medaljes vir kata, asook kumite, verower.

Ricardo van Wyngaard het ’n brons medalje in sy kumite-afdeling verower, terwyl Shyam Daya brons onderskeidelik vir kata en kumite verower het.

Oarabile Moshoeshoe het ’n silwer medalje in kumite en brons vir kata gewen.

Die jongste deelnemer, Jaco Loretz, het daarin geslaag om sy kata-afdeling te wen en ’n goue medalje in te palm.
Direk daarna het hy ’n brons medalje in sy kumite-afdeling verower.

Sensei Reney Raven, ook van die Three Swords dojo, het as spanbestuurder opgetree.

Inligting: Jannie Degenaar

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button