CrimeLocal newsStreeknuus

Streeknuus-joernalis helder oordag op Cullinan beroof

“Ek het skielik iets in my rug gevoel en later besef dat dit ’n mes was.”

Die joernalis vir Streeknuus in die Bronkhorstspruit-gebied, Johan Bezuidenhout, is sy beursie met kontant kwyt nadat hy op Cullinan daarvan beroof is.

Volgens Bezuidenhout het hy op die oggend van 4 April ’n hofsaak by die Cullinan Landdroshof bygewoon.

Bezuidenhout vertel die hofsaak het lank geduur en toe dit uiteindelik klaar was, het hy na ’n plaaslike winkelkompleks gery om daar kontant te trek.

“Ek het die geld getrek en was reeds op pad na my kar toe ek onthou dat ek ook ’n pakkie sigarette wou koop en het weer omgedraai,” het Bezuidehout vertel.

Volgens Bezuidenhout het die haas onmoontlike kort hierna gebeur.

“Ek het skielik iets in my rug gevoel en later besef dat dit ’n mes was.”

Bezuidenhout het verder vertel ’n onbekende man het sy beursie gegryp en daarmee weggehardloop. Hy het die man agternagesit, maar dié het vining laat spaander en in die veld verdwyn.

“Met die omdraai kon ek net die man se agterkant sien en sou hom dus nie kon uitken nie.”

Ek het na die polisiekantoor op Cullinan gery waar ek ’n saak van diefstal geopen het.

“Alles het so vining gebeur. Skielik het ek besef dít waaroor ek baie keer in Streeknuus berig, het ek nou persoonlik ’n slagoffer van geword.”

Bezuidenhout waarsku die publiek om uiters versigtig te wees wanneer hulle geld trek, inkopies doen en weer na hulle voertuie terugkeer.

“Wees bedag vir mense wat verdag voorkom en hou jou persoonlike items buite sig vir die rowers. Geen individu is gevrywaar van die boosdoeners wat onskuldige lede van die publiek van hul geld of inkopies beroof nie.”

“Gelukkig was my selfoon in my kar toegesluit, want daarsonder sou ek nie net platsak gewees het nie, maar sou my kommunkasie ook afgesny gewees het,” het Bezuidenhout gesê.

Related Articles

Back to top button