Local news

Dié Secunda-inwoner wil graag toneelwerk doen

Om vir Denise Venter te stem, kies opsie 31-2. Stemme sluit op 26 November.

Denise Venter (32) se grootste droom is om ’n televisierol los te slaan.

Dié droom kan dalk nou vir haar bewaarheid word.

Sy het onlangs vir ’n kompetisie aangebied deur Ja Produksies, ingeskryf waar sy die kans staan om ’n rol in ’n film los te slaan.

Ja Produksies bied ’n platform spesifiek vir Afrikaanse kunstenaars om hul films, reekse, dokumentêre en kortfilms uit te saai.

Die kompetisie het behels dat Venter moes wys wat in haar steek as dit by toneelspel kom tydens die oudisie en lesers kan nou vir hul gunsteling-opkomende akteur of aktrise stem deur die videos te kyk en die stappe te volg.

Die top 10 wenners word op 29 November aangekondig en jy staan die kans om R5 000 te wen as jy stem.

Denise Venter vra lesers om vir haar te stem vir ’n rol in ’n film.

 

Venter het op Secunda grootgeword en het nog altyd belanggestel in die kunste en medies.

Sy wou medies gaan studeer, maar kon dit nie bekostig nie en het toe in die ontvangsafdeling van ’n doktersspreekkamer begin werk.

Sy was vir ’n rukkie weg en het onderwys probeer, maar sy het nie haar kursus voltooi nie en werk tans weer as ontvangsvrou by ’n dokter se spreekkamer.

Sy het haarself as ’n mense-mens beskryf en iemand wat lief is vir die Here en ’n diep verhouding met Hom het.

In haar vrye tyd geniet sy dit om legkaarte te bou, boek te lees of tyd met God te bestee.

Sy is ook lief vir die see en die natuur en hou van dans en sing.

Sy het op hoërskool reeds gehelp met die verhoogproduksies en het dit nog altyd geniet.

Venter het al verskeie kursusse in uitvoerende kunste gedoen, onder andere by At Strydom en die bekende aktrise, Brümilda van Rensburg.

As jy Venter wil ondersteun, stem vir haar om die Ja Produksies-kompetisie te wen.

Besoek die webwerf https://strooming.jouafrikaans.co.za/programs/wen-n-movie-rol om die videos te kyk en volg die stappe om te stem.

Om vir Venter te stem, kies opsie 31-2.

Stemme sluit op 26 November.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Arisja Misselhorn

I have been a journalist for more than 30 years. I worked for Caxton and Beeld and also for my own publication. I returned to Ridge Times in 2018. I became editor for Ridge Times, Standerton Advertiser and Streeknuus in 2023. I completed numerous courses throughout the years, and I have won several awards.

Related Articles

Back to top button