Local news

AfriForum skerp veiligheidsnetwerk in Rayton op voor Kerstyd

Raak vandag nóg by hierdie tak betrokke deur ’n epos aan voorsitter.rayton-cullinan@afriforumtak.co.za te stuur of besoek www.wordlid.co.za.

Die AfriForum-tak in Rayton en Cullinan het op 5 Desember sy kameranetwerk in die gebied uitgebrei deur nóg ’n LPR-kamera op te rig.

Hierdie kameras herken nommerplate met behulp van kruisverwysings na plaaslike en internasionale databasisse. Dit help wetstoepassers en buurtwagte om kwaaddoeners nóg vinniger in hul spore te stuit.

Dewet Ungerer, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria-Suid, sê hierdie kamera gaan by die bestaande LPR-veiligheidsnetwerk inskakel om die gemeenskap te help beveilig. Die kamera is boonop op ’n brandpunt in die omgewing opgerig om sodoende die netwerk nóg verder uit te bou.

“Met die Kerstyd wat op hande is gaan misdaad waarskynlik weer vererger soos wat besoekers die gebied binnekom en inwoners die gebied verlaat. Die byvoeging van hierdie kamera sal egter ’n groot impak maak en toesien dat kwaaddoeners vinnig geïdentifiseer word. Dié kameranetwerk gaan boonop veiligheidsrolspelers in staat stel om inligting in te win en seker te maak dat kriminele elemente se beweging in die gemeenskap gemonitor en indien nodig, beperk word,” sê Ungerer.

AfriForum se Rayton- en Cullinan-tak sou nie hierdie projek sonder die gemeenskap se ondersteuning kon aanpak nie. Raak vandag nóg by hierdie tak betrokke deur ’n epos aan voorsitter.rayton-cullinan@afriforumtak.co.za te stuur of besoek www.wordlid.co.za.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Arisja Misselhorn

I have been a journalist for more than 30 years. I worked for Caxton and Beeld and also for my own publication. I returned to Ridge Times in 2018. I became editor for Ridge Times, Standerton Advertiser and Streeknuus in 2023. I completed numerous courses throughout the years, and I have won several awards.

Related Articles

Back to top button