Local news

AfriForum herstel paaie op Standerton

AfriForum hoop die werk aan die paaie wat tans in die sentrale besigheidsgebied gedoen word, ander maatskappye sal aanspoor om die paaie te verbeter wat hulle kliënte die meeste raak.

Die AfriForum Standerton-tak het in samewerking met Sanlam en ander rolspelers ’n projek afgeskop om slaggate regoor die dorp te herstel.

Volgens Leon Enslin, voorsitter van AfriForum Standerton, het Sanlam reeds verlede jaar hulle gekontak oor die slaggate wat voor hul perseel is.

Sanlam het die teer verskaf met die voorwaarde dat AfriForum die arbeid vir die projek verskaf.

Die projek het op 23 Januarie afgeskop en sluit beplanning vir ’n gestremde parkering in.

“Daar is tans geen parkeerplek vir gestremdes voor die Sanlam gebou nie. Hierdie projek sal ook die bank meer toeganklik maak vir diegene wat gestremd is,” het Enslin verduidelik.

AfriForum hoop die werk aan die paaie wat tans in die sentrale besigheidsgebied gedoen word, ander maatskappye sal aanspoor om die paaie te verbeter wat hulle kliënte die meeste raak.

ArfiForum se arbeiders is hard aan die werk.

Die span het ook ’n reuse slaggat voor die Junxion sentrum herstel.

Enslin het verduidelik daardie slaggat alleen het 10 sakkies teer gevat.

“‘n Mens besef nie altyd hoeveel teer dit vat om een slaggaat te vul nie,” het Enslin verduidelik.

Die volgende stap in die projek is die herstel van slaggate rondom Standerton Spar.

Spar het twee ton teer geskenk om dié gedeelte van die projek te voltooi.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button