Local newsSchools
Groenspan wen SHS se interhuis
Die Groenes het 999.5 punte aangeteken, gevolg deur die Rooispan met 976 punte en die Blouspan met 902.5 punte.
Standerton Hoërskool (SHS) het op 21 Januarie hul interhuis atletiekbyeenkoms gehou.
“Die dag was bedoel om die atletiese talent tussen ons leerders te identifiseer, te koester en te ontwikkel,” het Elsje Greaves, sport-organiseerder van SHS gesê.
Greaves het verduidelik dat die leerders vir die eerste keer in jare in drie spanne opgedeel was.
Hoewel al die leerders goed presteer het in hul eie manier, het die Groenspan die dag met 999.5 punte gewen.
Die Rooispan was kort op hulle hake, met ’n puntetelling van 976 en die Blouspan het die derde plek ingeneem met 902.5 punte.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

















