VLU Kaalspruit praat gesondheid en kookboeke
Dieetkundige Maria Prinsloo het met die lede haar riglyne vir ’n gesonde eetpatroon gedeel.
Die vroue van die VLU Kaalspruittak het hul jaar op 21 Januarie afgeskop.
Die vroue het by die Nederduitse Gereformeerde Kerk vergader, versier met stetoskope vir hul eerste maandvergadering met gesondheid as tema.
Lydia Roets het die lede met heerlike verfersings bederf.
Dieetkundige Maria Prinsloo het met die lede haar riglyne vir ’n gesonde eetpatroon gedeel.
“Eet al die soorte kos wat daar is, want elkeen help om jou gesond te hou,” is haar nommer een wenk vir ’n gesonder leefstyl.
Die vroue het vêrder kookboeke deur die jare heen bespreek, insluitend die werke van Jan van der Westhuizen, Bertus Basson en Annelien Pienaar.
Die lede van die tak is van plan om vanjaar vir die VLU-Hoëveldstreekkompetisie ’n macramé handsak te maak.










