Local news
VLU se Vaalriviertak vergader vir eerste keer vanjaar
Die vroue het by die vergadering geleer serviette vou en het allerhande pragtige patrone ontwerp.
Die VLU se Vaalriviertak het op 21 Januarie hul eerste takvergadering vir die jaar gehou.
Die vroue het nuwe jaarprogramme ontvang en hulself verkyk aan kompetisie-artikels vir die VLU-konferensie wat op 6 Maart in Evander gehou sal word.
“Die vergadering was oorheers deur inspirasie soos die vroue mekaar motiveer om aan kompetisies deel te neem,” het Gerda Büter, voorsitter van die Vaalriviertak gesê.
Die vroue het by die vergadering geleer serviette vou en het allerhande pragtige patrone ontwerp.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



