Local newsSchoolsStreeknuus
Rassies wen atletiekbyeenkoms op Delmas
Met die 2025 atletiekseisoen nou goed op dreef het Hoërskool Delmas op 25 Januarie gasheer gespeel vir Hoërskool Erasmus van Bronkhorstspruit en Hoërskool Elspark van Germiston.
Die drie skole het dit uitgespook in die kort- en langafstande, skyfwerp, gewigstoot, spiesgooi, hoog- en verspring, sowel as hekkie items op die baan.
Die dag was afgesluit met die 4 x 100m-aflos en het oudergewoonte vir groot opwinding onder die ondersteuners en atlete gesorg.
Aan die einde van die warm, maar opwindende dag van atletiek het Hoërskool Erasmus as wenners geseëvier met Elspark tweede en Delmas in die derde plek.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!













