Local newsSchoolsStreeknuus

Rassies interhuis wy die atletiekseisoen in

Terwyl die wit-, blou- en groenspanne teen mekaar uitgespook het, was die witspan gekroon as die span met die meeste gees en was ook die wenspan van dag se atletiek.

Groot gees en uitstekende atletiek was die wenresep vir Hoërskool Erasmus op Bronkhorstspruit se interhuis wat op 22 Januarie gehou is.

Terwyl die wit-, blou- en groen spanne teen mekaar uitgespook het, was die wit span gekroon as die span met die meeste gees en was ook die wenspan van dag se atletiek.

’n Hele paar rekords het ook tydens die interhuis geval met Almay Cornelissen, Jochelle Lombaard, Adrian van der Linde, Ferdinand von Staden en Beandi Britz wat rekords in verskeie items verbeter het.

Uitnemende prestasies was deur Jochelle Lombaard, Ndumiso Mokwena, Mieke Kritzinger, Mikayla Prinsloo, Stiaan Burger, Sun-marie de Beer en Gizelle Combrink behaal.

Die senior Victor Ludorum is Adrian van der Linde, met Beandi Britz as die senior Victrix Ludorum.

Stiaan Burger was as junior Victor Ludorum aangewys en Jochelle Lombaard as die junior Victrix Ludorum.

“Ons is Rassietrots op elke atleet, ondersteuner en beampte wat die dag moontlik gemaak het,” het die skoolhoof, Etienne Rossouw en personeel laat hoor.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button