Slaggate voor SHS word herstel
Volgens Leon Enslin was 250 sakkies teer benodig om dié projek te voltooi.

AfriForum Standerton het op 28 Januarie ’n projek aangepak om slaggate voor Standerton Hoërskool te herstel.
Hierdie projek was ’n verlenging van die slaggatprojek wat verlede jaar reeds begin het.
Volgens Leon Enslin, voorsitter, was 250 sakkies teer benodig om dié projek te voltooi.
“Ons het tot dusver sowat 6.25 ton teer gebruik om die slaggate te herstel,” het Enslin gesê.
Die spanne van AfriForum, Northern Light Foundation en Cofco het saamgeslaan om die teer vir die projek te verkry.
Kasselman Veiligheidsdienste het hul tyd en trokke geskenk om die teer te vervoer.
Arbeid vir hierdie projek is deur die Lekwa Plaaslike Munisipaliteit verskaf.
“Die projek was uiters belangrik omdat Standerton Hoërskool die juweel van die sentrale gebied is. Weens hierdie projek kan ouers gerus wees wanneer hulle hul kinders by die skool oplaai,” het Enslin bygevoeg.