Local news

G’n kat en hond-gevegte in dié huishouding op Standerton

Hond begin melk afskei om katjie te voer.

Vreemde diereverhoudinge vind oral in die wêreld plaas, selfs hier op Standerton.

In die Janse van Vuuren-huishouding bestaan daar nie so iets om soos kat en hond te baklei nie.

Dié gesin het verlede week ’n foto op ’n sosiale mediagroep gedeel van hul hond, Mia, wat die nuutste lid van die gesin ten volle aangeneem het.

Volgens Louise Janse van Vuuren, is hul kat, Oreo opgetel toe hy twee weke oud was.

Mia het die klein katjie dadelik uit sy mandjie gaan haal en toegelaat dat hy aan haar drink.

“Ons het groot geskrik toe Oreo nie in sy mandjie was nie, maar het hom toe by Mia gesien. Sy was nie eens geniepsig teenoor hom nie,” het Janse van Vuuren verduidelik.

Hoewel Mia nooit vantevore babas gehad het nie, het haar lyf begin melk produseer sodat Oreo aan haar kan drink.

Mia en Oreo het ’n sterk band gevorm en is vandag onafskeidbaar.

Die wit en grys kat is op vier maande byna oppad na sy tiener fase, maar suig steeds graag aan sy honde-mamma.

“Oreo huil verskriklik as ons probeer om hom van Mia af weg te vat. En Mia soek Oreo uit. Hy is regtig Mia se baba,” het Janse van Vuuren gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button