Local news

Secunda VLU-vroue versier kolwyntjies

Belangstellendes is welkom om volgende vergadering op 12 Maart by te woon.

Lede van die plaaslike VLU-tak het op 5 Februarie vergader en ’n werksklas gehad en kolwyntjies vir Valentynsdag versier.

Dié tak se voorsitter, Rosa Black en Lenell le Roux, het die werkswinkel aangebied.

Een van die lede, Helouise McLaren, het die vroue meer vertel van landbou en tuinbou.

Sy het veral gefokus op herwinning en organiese produkte.

Die Secunda VLU-tak se volgende vergadering is op 12 Maart om 08:30 vir 09:00 en belangstellendes is welkom om dié vergadering by te woon.

Vir meer inligting, skakel Black by 082 586 9638.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button