Familie en vriende groet Secunda se Oom Dolfie
Y word oorleef deur sy kinders Pierre, Dries en Lori, en Ria en Dave, kleinkinders Ruan en Tanya, Corine, Robert en Nikita, Mark en Anneke, Rudolph, Pierre en Bianca; en agterkleinkinders Erhardt, Lianke, Mianke en Hayley.
Dolf Nagel, of Dolfie soos baie mense hom geken het, is op 5 Mei in die ouderdom van 92 oorlede.
Ridge Times het in Desember nog oor dié vriendelike oom met ’n bundel vol gedigte en gedagtes berig.
Dié afgetrede elektrisiën het kort voor sy geliefde Dottie se dood in 2016, die digter wat diep in sy siel geskuil het, ontdek. Die Nagels het nog voor Sasol se bestaan hulself op die Hoëveld gevestig.
Sy afskeidsdiens is op 9 Mei vanuit Goedehoop gemeente op Secunda gehou.
Oom Dolfie word oorleef deur sy kinders Pierre, Dries en Lori, en Ria en Dave, kleinkinders Ruan en Tanya, Corine, Robert en Nikita, Mark en Anneke, Rudolph, Pierre en Bianca; en agterkleinkinders Erhardt, Lianke, Mianke en Hayley.



