Local news
Bethal VLU-tak skop jaar af met streekvergadering
Belangstellendes is welkom om die volgende vergadering in Februarie by te woon.
Die VLU se Bethal-tak het hul jaar op 15 Januarie afgeskop met hul eerste streekvergadering vir die jaar.
Lede van die VLU-takke wat Bethal, Grootvlei, Kaalspruit, Kinross, Secunda, Skemerkelkie en Vaalrivier insluit, het dié vergadeing bygewoon.
Sake vir die nuwe jaar is tydens dié vergadering bespreek, terwyl Michelle van Wyk ’n werksklas in kortrybreiwerk aangebied het.
Die Bethal VLU-tak vergader weer in Februarie en belangstellendes is welkom om dit by te woon en by dié tak aan te sluit.
Vir meer inligting, skakel Lynette Posthumus by 072 203 6230.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



