Local news

NG Standerton-Wes nooi gemeenskap na jaarlikse Kuier en Proefees

Kom kuier en proe saam op 24 en 25 Julie.

NG Standerton-Wes nooi die gemeenskap om saam te kuier tydens sy jaarlikse Kuier- en Proefees op 24 en 25 Julie by die kerkterrein in Charl Cilliersstraat 78, Standerton.

Die fees skop op Vrydag van 16:00 tot 19:00 af. Besoekers kan aandete koop, met smullekker opsies soos suiker- en gevulde pannekoek, nachos, boereworsrolle en jaffels.

Verpakte vars vleis sal ook te koop wees. Die groot basaardag vind Saterdag van 08:00 tot 14:00 plaas.

Daar sal ‘n wye verskeidenheid kosstalletjies wees, waaronder kerrie en rys, braaivleis, pap en sous, sosaties, worsbroodjies, pannekoek, nageregte en ‘n teetuin.

Besoekers kan ook vars vleis, koeke, terte, kleinkoekies, beskuit, lekkers, koeldrank, boeke, geskenke en items by die Wit Olifanttafel koop.

Vir die jongspan sal daar hope kindervermaak wees, terwyl motorentoesiaste die antieke motoruitstalling kan geniet. Vir meer inligting, kontak die kerkkantoor by 017 712 3034.


ALSO READ: Abduction ordeal still haunts Bethal woman

ALSO READ: Jong vrou van Secunda deel getuienis oor brandwonde en letsels

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Supplied content

This content originated outside of Caxton Local Media, but we thought that you might find it interesting.

Related Articles

Back to top button