VF Plus op Standerton voorsien sanitêre doekies aan behoeftige skoolmeisies
Die party wil dié leerders help om met selfvertroue skool te gaan.
Die VF Plus in Standerton het verlede week sanitêre doekies aan behoeftige skooldogters geskenk.
Raadslede Wilma Venter en Dankus Venter, saam met VF Plus-lede Vihanda Steyl en Xerxius van der Merwe, het dié skenking aan Amazing Grace Academy oorhandig.
“Menstruele higiëne is ‘n basiese behoefte, en geen meisie behoort haar opvoeding in te boet omdat sy nie toegang tot sanitêre produkte het nie.
“Deur hierdie inisiatief wil die VF Plus help om meisies se waardigheid te beskerm en te verseker dat hulle hul skoolloopbaan met selfvertroue kan voortsit,” het Wilma Venter verduidelik.
LEES OOK: Roadworks on R545 between Bethal and Kriel again in the spotlight



