Local news

Fotograwe ding mee by Hoëveld Fotografieklub se maandvergadering

Belangstellendes is welkom om die volgende byeenkoms op 14 Augustus by te woon.

Fotograwe het op 3 Julie by die Hoëveld Fotografieklub se maandelikse byeenkoms hul beste fotos ingeskryf en Ina Annandale se foto, Juggling Joker, was die beste in die voorgeskrewe onderwerpafdeling.

Sy het ook ’n sertifikaat van meriete vir dié foto ontvang. Annandale het ook die beste foto onder die junior fotograwe geneem en dié afdeling gewen met haar foto, Behind the Smoke.

Sy het ook vir dié foto ’n sertifikaat van meriete ontvang asook vir haar fotos, Karoo Awakening, in die landskapafdeling, en The Big Yawn en Natures Playground, beide in die piktruale afdeling.

Dr. Leon Pelser se foto, Life Inside, het hom die beste fotograaf onder die senior fotograwe gemaak.
Hy het ook ’n sertifikaat van meriete vir dié foto ontvang.

Dr. Pelser het ook sertifikate van meriete vir sy ander fotos, Gecko Silhoette en Old Woman, beide in die piktruale afdeling, ontvang.


image of a bird with an insect in its beak
Piet Potgieter het ’n sertifikaat van meriete vir sy foto, Lekker Happie in die natuurvoëlsafdeling ontvang. Foto: Piet Potgieter

Die ander fotograwe wat presteer het en sertifikate van meriete vir hul fotos ontvang het, is Louis van der Walt vir sy fotos, Kori Bustard vs Snake in die natuurvoëlsafdeling, Hide Out, in die tweekleurige foto-afdeling, en Hide Out1 in die pikturale afdeling, Stian Griffin vir sy fotos, Cape Weaver in die natuurvoëlsafdeling, Walk With Me in die tweekleurige foto-afdeling, Timeless Molteno in die pikturale afdeling en Dust and Diesel in die fotojoernalistieke afdeling, Piet Potgieter vir sy foto, Lekker Happie in die natuurvoëlsafdeling, Hester Griessel vir haar foto, Neushoring, in die natuurvoëlsafdeling, Danie Smit vir sy foto, Tenby Castle Island in die landskapafdeling, Sussa Pelser vir haar fotos, Dirt Road Between Canola Fields en Bushveld Scene, beide in die landskapafdeling, Funny Face in die voorgeskrewe onderwerpafdeling enSmoking my Zol in die pikturale afdeling, Edmund Hattingh vir sy foto, Oggendson op Klipkoppie in die natuurafdeling en Carien Schabort vir haar fotos, Op soos Ou Brood in die tweekleurige foto-afdeling, Praise at Sunset, Rustic Winter en Hide and Seek, al drie in die pikturale afdeling en Funny Lays in die voorgeskrewe onderwerpafdeling.

Die Hoëveld Fotografieklub se volgende byeenkoms is op 14 Augustus om 18:00 vir 18:30 in Scrum In by die Sasol Ontspanningsklub.

Belangstellendes is welkom om dié byeenkoms by te woon. Vir meer inligting, skakel Louis van der Walt by 072 755 2767.


an image of a sunrise
Ina Annandale het het ’n sertifikaat van meriete vir haar foto, Karoo Awakening in die landskapafdeling ontvang. Foto: Ina Annandale

landscape image
Carien Schabort het ’n sertifikaat van meriete vir haar foto, Praise at Sunset in die pikturale afdeling ontvang. Foto: Carien Schabort

a photo of a wild bird
Hester Griessel het ’n sertifikaat van meriete vir haar foto, Neushoring, in die natuurvoëlsafdeling, ontvang. Foto: Hester Griessel

landscape image
Sussa Pelser het ’n sertifikaat van meriete vir haar foto, Dirt Road Between Canola Fields in die landskapafdeling ontvang. Foto: Sussa Pelser.

image of a bird with aa snake
Louis van der Walt het ’n sertifikaat van meriete vir sy foto, Kori Bustard vs Snake in die natuurvoëlsafdeling ontvang. Foto: Louis van der Walt
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Jana Oosthuizen

I have been working for the Ridge Times newspaper for 15 years. I worked in a few other fields before starting to work for the newspaper in October 2009. I have a diploma in Journalism and the areas where I cover news include Secunda, Bethal, Trichardt, Evander, Leandra and Kinross.

Related Articles

Back to top button