BlogsEditor's noteOpinion

Nóú moet jy versigtig ry, sommige verkeersligte kry die groenlig vir herstelwerke

Herinner hom aan dié liedjie uit ons kinderdae: “Stop sê die rooi lig, ry sê die groen lig, oppas sê die geel lig, oppas wat jy doen.”

Dit is byna tweede natuur indien jy op Standerton by ’n verkeerslig stop, om die koppie vinnig links en regs te swaai en dan voet in die hoek te sit as daar nie aankomende verkeer is nie.

Maar dit blyk egter of die Lekker-Munisipaliteit gehoor gegee het aan die pleidooi van motoriste wat so ietwat warm onder die kraag raak weens bestaande infrastruktuur se agteruitgang.

Die vierrigting by die Junxion Sentrum kan moontlik nou as ’n hoë ongeluksone beskou word, omdat al drie die liggies van die robot op die regte tyd en volgorde in hul volle glorie aankom, bygesê, dis nou wanneer daar nie kragonderbrekings is nie.

ALSO READ: Residents make due with traffic lights not working

Jy sal egter steeds die nekspiere effe moet strek, siende een van die verkeersligte geen kop het nie, só afhangende vanwaar jy by die vierrigting aansluit, kyk maar links en regs totdat jy die werkende verkeerslig opmerk.

Verkeersligte by verskeie ander kruisings werk ook weer, vir hoe lank, weet niemand nie, so moenie jou asem ophou nie.

Sou jy intussen vergeet het hoe verkeersligte werk, of dit dalk aan die man met sy doef-doef musiek, sonbril op die kop en sigaret wat halfmas op die onderlip hang wil verduidelik, herinner hom aan dié liedjie uit ons kinderdae: “Stop sê die rooi lig, ry sê die groen lig, oppas sê die geel lig, oppas wat jy doen.”

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button