Opinion

Inspekteur het gedoen wat sy moes

As inwoner van Secunda wil ek graag my mening lig in verband met die loslopende bobbejaan wat in Secunda was.

As inwoner van Secunda wil ek graag my mening lig in verband met die loslopende bobbejaan wat in Secunda was.

Secunda is ’n woonplek waar ’n mens normaalweg veilig kan rondbeweeg, veral klein kindertjies op hulle woonpersele. Wanneer daar iets abnormaal gebeur wat ’n groot gevaar inhou, is dit nie moontlik om almal binne ’n kort tyd in kennis te stel nie, gevolglik moes insp. Jenneth Geel verantwoordeliheid aanvaar – wat sy ook gedoen het.

Volgens die berig in Ridge Times van 13 April was dit baie duidelik dat me. Geel ander moontlikhede gou ondersoek het en daar nie ’n vinnige oplossing was om die bobbejaan lewendig onskadelik te kon stel nie. Ek het baie hoë agting vir me. Geel wat bereid was om ’n besluit te neem waarby sy staan, want dit het gegaan oor die veiligheid van die gemeenskap.

Me. Baily van National SPCA het by twee geleenhede in die berig gesê sy glo nie en sy dink nie ’n loslopende bobbejaan is ’n gevaar nie. Nou vra ek, dink sy vir een oomblik dat almal weet hoe om op te tree wanneer jy op só ’n dier afkom? Sé ’n dier is gevaarlik vir almal, want as jy die wildtuin besoek, word die gevare wat wilde diere inhou, baie duidelik uiteengesit en hoe jy moet optree om veilig te wees.

My vraag aan me. Baily en almal wat kritiek lewer: Wat sou hulle reaksie gewees het as een van die inwoners gedood of ernstig beseer was as gevolg van me. Geel wat traag was om ’n besluit te neem omdat sy van mening was dat ’n loslopende bobbejaan nie gevaarlik vir die inwoners is nie?

Veiligheid in Suid-Afrika word die afgelope paar jaar heel voor opgestel, wat reg is. Wat sou u sê moet die optrede wees om die beveiliging van die gemeenskap te bewerk in dié omstandighede?

My persoonlike mening is dus dat insp. Jenneth Geel betyds opgetree het en sodoende die veiligheid van Secunda vooropgestel het.

Baie dankie vir u voorbeeld van verantwoordelikheid en deursettingsvermoë.

’n Mens se lewe is nie ’n loslopende wilde dier se lewe werd nie.

Pieter van Niekerk (snr), Secunda.

Lees ook die ander se menings oor die #BaboonSaga:

Little Paws Big Hearts slams SPCA

Local vets speak out about baboon saga

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button