Perderuiters hou SHS se naam hoog op Badplaas tydens Sanesa-kompetisie
Cameron Blaauw met Hot Pepper het drie eerste plekke losgeslaan.
Brümilda Pieterse, Cameron Blaauw, Chrizelle Fourie en Desireé Prenzler, ruiters van Hoërskool Standerton (SHS), het onlangs aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Ruiterskolevereniging se tweede kwalifiseerdeer op Badplaas deelgeneem.
Brümilda Pieterse en haar perd, Malibu Express, het twee eerste plekke verwerf asook drie tweede plekke en sy word geborg deur Quantum Energy.
Lees ook: GALLERY- Hoërskool Standerton hosts Hoërskool Secunda
Cameron Blaauw met Hot Pepper het drie eerste plekke losgeslaan.
Chrizelle Fourie het tweede en derde met haar perd Faylinn geëindig.
Desireé Prenzler het ’n eerste plek, twee tweede plekke asook drie derde plekke op haar perde, Royal Trooper en Flambojant Njala, behaal.



Lees die volledige berig in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser.



