Fietsryers kwyt hulle goed van hul taak
Dié kompetisie het op 19 April begin met die eerste skof vanaf Bronkhorstspruit wat drie dae later op Dullstroom geëindig het.
Twee fietsryers van die Standerton Trapklub, Marius van Wyk en Bennie de Klerk, het onlangs aan die “Trail & Trout”-bergfietswedren deelgeneem en derde in hulle afdeling geëindig.
Dié kompetisie het op 19 April begin met die eerste skof vanaf Bronkhorstspruit wat drie dae later op Dullstroom geëindig het.
• Die eerste skof was oor ‘n afstand van 77.6km met ‘n hoogterigting (“elevation”) van 1 035 m.
• Die tweede skof was oor ‘n afstand van 60 km met ‘n hoogterigting van 1 475 m
• Die derde skof was ook oor ‘n afstand van 60 km met ‘n hoogterigting van 958 m
• Na afloop van die derde skof laat Saterdagmiddag het die wedren met ‘n prysuitdeling en ‘n ete op Dullstroom afgesluit.
Lees die volledige berig in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser.



