Hengelaars van Hoëveld Hengelklub sê mekaar die stryd aan by Trichardtsfonteindam
Fanie Smuts het 35 visse gevang wat 12.15kg geweeg het en het gewen.
Hengelaars het Saterdag, 9 Junie tydens ’n klubkompetisie van die Hoëveld Hengelklub by Trichardtsfonteindam sake uitgespook en gekyk wie kan die meeste en die grootste visse vang.
Fanie Smuts het 35 visse gevang wat 12.15kg geweeg het en het gewen.
Jacques Mouton het nege visse gevang wat 3.44kg geweeg het, terwyl Louis Peens agt visse gevang het wat 2.45kg geweeg het en Jacques du Preez het twee visse gevang wat 1.64kg geweeg het.
Die klub het Saterdag, 2 Junie ook ’n klubkompetisie aangebied en Frans Dicks het die kompetisie gewen met sy agt visse wat 3.08kg geweeg het.
Karen Dicks was die enigste vroue-deelnemer en het vyf visse gevang wat 3.44kg geweeg het.
Pietie Loggenberg het tweede geëindig met sy een vis wat 2.12kg geweeg het en Joof Grobler was derde met sy drie visse wat 1.40kg geweeg het.






