Die Sasol Posduifklub se seisoen het weer afgeskop en duiweboere het reeds hul duiwe aan twee kompetisies laat deelneem.
Frik Stander se duiwe het eerste en tweede plekke in die jaaroud-afdeling behaal tydens die wedvlug Saterdag, 2 Junie toe die duiwe op Kroonstad vrygelaat is.
Een van sy duiwe het ook ’n vierde plek behaal.
Eiber en Neethling-hokke se duiwe het derde en sewende plekke behaal en Britz en Seun-gesin se duiwe vyfde, sesde en agtste plekke.
Die Viljoen-gesin se duiwe het negende en 10de plekke behaal.
In die ope-afdeling van dieselfde wedvlug vanaf Kroonstad, het Stander se duiwe eerste, sesde, sewende en agtste plekke behaal.
Die Viljoen-gesin se duiwe het tweede, derde, vyfde en 10de geëindig.
Een van DHL-hokke se duiwe het ’n vierde plek behaal en een van Britz en Seun-gesin se duiwe ’n negende plek.
Die posduiwe het Saterdag, 9 Junie vanaf Odendaalsrus na hul huise op Secunda en omgewing gevlieg en in die jaaroud-afdeling het die Kinders van die Wind-span se duiwe die vinnigste gevlieg en eerste, tweede en negende geëindig.
Een van die Viljoen-gesin se duiwe het derde geëindig en een van Buks Snyman se duiwe vierde.
Britz en Seun-gesin se duiwe het vyfde en sesde geëindig en Eiber en Neethling-span se duiwe sewende en 10de.
Een van Frik Stander se duiwe het agtste geëindig.
In die ope-afdeling van dieselfde wedvlug, het Kinders van die Wind-span se duiwe eerste en sewende plekke behaal, terwyl Boeta Homan se duiwe tweede, derde, vierde en vyfde plekke behaal het.
Een van Buks Snyman se duiwe het ’n sesde plek behaal en die Viljoen-gesin se duif ’n agtste plek en Ernst de Nysschen se duif ’n 10de plek.



