Boeta en Frik se duiwe wen Sasol Posduifklub se wedvlug vanaf Bloemhof
Homan se ander duiwe het tweede, sewende en agtste plekke in die ope-afdeling behaal.
SECUNDA – Lede van die Sasol Posduifklub se duiwe het die afgelope naweek vanaf Bloemhof huis toe gevlieg en die vinnigste duiwe behoort aan Boeta Homan in die ope-afdeling en Frik Stander in die jaaroudafdeling.
Homan se ander duiwe het tweede, sewende en agtste plekke in die ope-afdeling behaal.
Die Viljoen-gesin se duiwe het derde, vierde, vyfde en negende geëindig, terwyl een van die Selection Loftspan se duiwe ’n sesde plek behaal het en een van Stander se duiwe ’n 10de plek.
Stander se duiwe het ook tweede en negende plekke in die jaaroudafdeling behaal. Een van die P. Steyn-familie se duiwe het derde geëindig en Ernst de Nysschen se duiwe vierde en sewende.
Eiber en Neethling-span se duiwe het vyfde, sesde en agtste plekke behaal en een van Buks Snyman se duiwe ’n 10de plek.




