SECUNDA – Lede van Sasol Posduifklub se duiwe het die afgelope naweek vanaf Warrenton huis toe gevlieg en die Viljoen-gesin se duiwe het eerste en tweede plekke in die jaaroudafdeling behaal.
Een van P. Steyn-familie se duiwe het derde geëindig. Frik Stander se duiwe het verskeie plekke ingepalm en vierde, vyfde, sewende en agtste geëindig, terwyl een van Britz en Seun-groep se duiwe sesde geëindig het.
Boeta Homan se duiwe het negende en 10de plekke behaal.
Die Viljoen-gesin se duiwe het ook die ope-afdeling gewen en me. Alta Viljoen se duif het die wyfieresies in die jaaroudafdeling gewen.
Een van die Viljoens se ander duiwe het ’n agtste plek in die ope-afdeling behaal en Frik Stander se duiwe het tweede, negende en 10de plekke bekom.
Een van Corrie en Marina Lombaard se duiwe het derde geëindig en een van Boetha Homan se duiwe vyfde, terwyl een van Selection Loftspan se duiwe ’n sesde plek behaal het.
Een van Britz en Seunspan se duiwe het sewende geëindig.



