Local sportSport
Rondekerk se gholfdag by Walkerpark Gholfklub is groot sukses
Wenspan samel 51 punte in.

EVANDER – Lulu Khumalo en Graham Cupido het die Rondekerk se gholfdag Saterdag, 21 Julie by Walkerpark Gholfklub gewen.
Hulle het 51 punte behaal. Schalk en Whian Burger het tweede geëindig met 50 punte.
Herman Buys en Albert Louw was derde met 47 punte, John Cameron en Coen Meyer was vierde met 46 punte en D. Salzman en Neil Salzman was vyfde met 46 punte.
Me. Ilana Coetzer, skakelbeampte van die Rondekerk, het gesê hulle is dankbaar teenoor die gemeenskap, die klub en hul borge vir hul ondersteuning.
Sy het die klub se president ook vir sy ondersteuning bedank.
Dit is die derde jaar dat die Rondekerk ’n gholfdag by Walkerpark Gholfklub aanbied.


At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



