Plaaslike netbalspelers gekies vir Gert Sibande-streekspan
"Ons is 'n hegte familie," het Jackie laat blyk, wat deur Deoné beaam is.
Standerton Netbalklub se Deoné Steyn, Jackie Kruger en Marisca van Wyk, koester die kameraderie en spangees wat onder spelers heers wat goeie dinge vir die toekoms voorspel.
“Ons is ‘n hegte familie,” het Jackie laat blyk, wat deur Deoné beaam is.
Al drie spelers het hul onderskei deur vir die Gert Sibande Streekspan in hulle afdeling verkies te word, hoewel die distrik se finansies die langverwagte, nasionale kompetisie in Port Elizabeth gekelder het.
Jackie het hokkie op skool gespeel en ‘n toevallige ontmoeting met ‘n vrou by die kleuterskool wat aangedring het op haar deelname, het die knoop deurgehaak.
“Ek is as’t ware geboelie daarin en nou is ek smoorverlief op die spel,” het sy gesê. Sy is as opkomende klubspeler van die jaar in haar eerste jaar aangewys.
Deoné daarenteen, is deur Marisca genader om te kom speel en is al ‘n jaar aktief op die netbalveld, terwyl Jackie reeds drie jaar haar vaardighede slyp.
Marisca is sedert laerskooldae ‘n bekende gesig op die netbalbaan en het destyds aan Laerskool Standerton provinsiale kleure verwerf.
Dié saloneienaar se loopbaan sluit ook privaatklasse vir jong spelers in.
Lees die volledige berig in vandeesweek se Standerton Advertiser.



