Secunda-stoeiers verower medaljes op Middelburg
Belangstellendes kan Sasol Stoeiklub besoek.
SECUNDA – Nico van den Berg het verskeie goue medaljes ingeryg in die MSV-ouderomskampioenskap wat Saterdag, 21 Julie op Middelburg gehou is.
Hy het goue medaljes in die junior vrystyl-, die junior- en twee seniorafdelings losgestoei.
Die ander stoeiers van Sasol Stoeiklub wat goue medaljes gewen het, is Jordan Webb in die president skole vrystyl-, president skole- en die president juniorafdelings, Tiaan Carelse in die president skole vrystylafdeling en Zara D’Abbadie in die vroue vrystylafdeling.
Zak Manaia en Hein Meyer het silwermedaljes in die president skole vrystylafdeling verower en Rick Robertson ’n bronsmedalje in die president skole vrystylafdeling.
Die ander stoeiers wat medaljes vir deelname ontvang het, is Brussöw Francke, Janlu Lourens, Du-Handré Putter, Benjamin Oosthuyzen, Christiaan Steyn en Sarah-Ann Francke..
Sasol Stoeiklub oefen Maandae en Woensdae vanaf 6nm tot 8nm in die hoofsportsaal by die Sasol Ontspanningsklub.
Vir meer inligting, skakel me. Lollie van den Berg by 082 343 7800.



