Hengelaars ding mee in Oosterland se hengelfees
Altesaam 124 hengelaars ding mee by Trichardtsfonteindam.
TRICHARDT – C. Watermeyer was die wenner Donderdag, 9 Augustus by Hoërskool Oosterland en Radio Kragbron se hengelfees wat by Trichardtsfonteindam aangebied is.
Watermeyer was die algehele wenner vir die dag en het die grootste karp wat 5.04kg geweeg het, uit die water getrek.
Altesaam 124 hengelaars het op Vrouedag meegeding in die hengelfees en Lukas Holts was die wenner onder die mans wat ’n karp van 4.66kg uitgetrek het.
Wynand Taljaard het tweede geëindig in dié afdeling en sy karp het 3.29kg geweeg.
Gert Pretorius het derde geëindig en sy karp het 3.23kg geweeg, terwyl Andre Schroder vierde geëindig het met sy karp wat 2.92kg geweeg het en Gert Bothma vyfde.
Marie Coetzee het die swaarste vis onder die vroue uitgetrek en die vroue-afdeling gewen met haar karp wat 1.53kg geweeg het.
K. Dicks het tweede geëindig met haar karp wat 1.48kg geweeg het.
Henlo Peens was die wenner onder die junior hengelaars met sy karp wat 3.54kg geweeg het en Tasso Carzis was tweede met ’n karp wat 2kg geweeg het.





